Walking talking

Raak 'n lid by die Tygerberg Sakekamer

Raak 'n lid en trek voordeel uit hierdie gefokusde besigheidsorganisasie.

Directors

Tygerberg Sakekamer - Ons fokus

Ons streef daarna om die ekonomiese en besigheidsbelange van ons lede te bevorder.

Walking making business

Tygerberg Sakekamer

Saam skep ons volhoubare welvaart.

Die Tygerberg Sakekamer

Ons is 'n tak van die AHi Wes-Kaap Sakekamer wat bekend staan as die Afrikaanse Handelsinstituut of die AHi. Die AHi is 'n inklusiewe Afrikaanse sakekamer wat bestaan uit meer as 'n 40 individuele sakekamers in die Wes-Kaap en wat meer as 1,000 besighede verteenwoordig.

Areas

  • Bellville
  • Plattekloof
  • Brackenfell
  • Kuilsrivier
  • Goodwood
  • Parow

Ons hoofdoel

Die oogmerk van die Tygerberg Sakekamer is om die ekonomiese en besigheidsbelange van ons lede in die groter Tygerberg-area te bevorder.

Ons streef daarna om volhoubare voorspoed vir ons lede, belanghebbendes en gemeenskappe in die area te skep deur die Tygerberg-area te vestig as die "gekose besigheidsbestemming in die noordelike voorstede".

Dit kan egter slegs gebeur wanneer besighede in ons area binne 'n vryemarkstelsel floreer en werksgeleenthede deurlopend geskep kan word.

phillip van zyl
Voorsitter

Phillip Van Zijl

phillip@boltrisk.co.za
Phillip is die eienaar van Bolt Risk Management in Brackenfell. Hy is ook nou betrokke by die Brackenfell Business Improvement District (BBID) inisiatief. Hy dien tans in sy tweede termyn as voorsitter van die AHI Tygerberg.

george ferreira
Ondervoorsitter

George Ferreira

george@tjslekkabraai.co.za
George is die laaste twee jaar die ondervoorsitter van die AHI Tygerberg. Hy het sy BSc (Hons) verwerf aan die UOVS en is die eienaar van die produkreeks TJ's Lekka Braai en soek altyd net 'n rede om 'n vuurtjie aan te steek.

Visagie
Tesourier

Theunis Visagie

theunisvisagie@empfinsolutions.co.za
Theunis Visagie is ʼn Finansiële Adviseur by Empfin Solutions en het meer as 40 jaar se ondervinding in alle aspekte van bankwese en langtermyn versekering.

Lucius Moolman
Addisionele Lid

Lucius Moolman

lucius@lhattorneys.co.za
Lucius Jan Moolman is 'n praktiserende prokureur te Laubscher & Hattingh Ing. in Bellville. Hy het ʼn B.Com. LLB graad by Stellenbosch Universiteit verwerf.

Eben Keet
Gekoöpteerde lid

Eben Keet

ebenkeet1@hotmail.com
 Eben het n B-tech Graad in Koste en bestuursrek aan CPUT verwerf en is ʼn gekwalifiseerd Professionele Rekenmeester (SAIPA). Werk as Finansiële bestuurder by Titan Financial Services.

bjorn harmse
Addisionele Lid

Björn Harmse

bjorn@lhattorneys.co.za
Björn Harmse is 'n praktiserende prokureur te Laubscher & Hattingh Ing., Bellville. Hy is 'n bestuurslid van die AHI Wes-Kaap en is die huidige Voorsitter van Besigheid Wes-Kaap (BWC).

piet badenhorst
Gekoöpteerde Lid

Piet Badenhorst

piet@lhattorneys.co.za
Piet Badenhorst is 'n praktiserende prokureur te Laubscher & Hattingh Ing., Bellville. Hy is 'n bestuurslid van die AHI Wes-Kaap en het vantevore opgetree as die Voorsitter van die AHI Wes-Kaap. Hy dien tans ook op die AHI Nasionaal se Regsbestuur.

Jacobus van Niekerk
Addisionele Lid

Jacobus Van Niekerk

jacobus@azapi.co.za
Jacobus is die eienaar van "Azapi Online Marketing Agency" en werk al meer as 15 jaar in die internet bedryf. Azapi is 'n Google Partner en help kliente om hulle besighede aanlyn te bemark en verder uit te brei. Vir meer inligting besoek Azapi op aanlyn.

Sunel Beeselaar
Addisionele Lid

Sunel Beeselaar

sunel@spbeeselaar.co.za
Sunel Beeselaar is ʼn praktiserende prokureur en eienaar van SP Beeselaar Prokureurs. Sy spesialiseer in familiereg, aktes en alternatiewe geskilbeslegting. Sy dien tans ook op die Bestuur van FAMAC (Family Mediators of the Cape) as Voorsitter en is Onder- Voorsitter van Alta du Toit Nasorg se Beheerraad.

zelna hadlow
Addisionele Lid

Zelna Hadlow

zelnahadlow@capitecbank.co.za
Zelna is die Verhoudings Bestuurder vir Capitec Bank vir die Wes-Kaap. Sy is reeds 24 jaar in die Finansiële Industrie en het haar kwalifikasie in Bankwese. Zelna dien ook op die Beheerliggaam van Hoërskool Stellenberg.

Volg ons op Facebook

Organisasies wat ons ondersteun