Bookmark : http://www.ahitygerberg.co.za
  • Raak 'n lid by die AHI Tygerberg

    Raak 'n lid en trek voordeel uit hierdie gefokusde besigheidsorganisasie.

    Lees verder
  • AHI Tygerberg - Ons fokus

    Ons streef daarna om die ekonomiese en besigheidsbelange van ons lede te bevorder.

    Lees verder
  • AHI Tygerberg

    Saam skep ons volhoubare welvaart.

    Lees verder
  • TJ's Lekka Braai Logo
  • Bolt Risk logo
  • Laubscher Hattingh Logo
  • Laubscher Hattingh Logo

Die AHI Tygerberg

Ons is 'n tak van die nasionale sakekamer wat bekend staan as die Afrikaanse Handelsinstituut of die AHI. Die AHI is 'n inklusiewe Afrikaanse sakekamer wat bestaan uit meer as 'n 100 individuele sakekamers oor Suid-Afrika en meer as 4,000 besighede verteenwoordig.

Ons hoofdoel

Die oogmerk van die AHI Tygerberg is om die ekonomiese en besigheidsbelange van ons lede in die groter Tygerberg-area te bevorder.

Ons streef daarna om volhoubare voorspoed vir ons lede, belanghebbendes en gemeenskappe in die area te skep deur die Tygerberg-area te vestig as die "gekose besigheidsbestemming in die noordelike voorstede".

Dit kan egter slegs gebeur wanneer besighede in ons area binne 'n vryemarkstelsel floreer en werksgeleenthede deurlopend geskep kan word.

Lees verder

Areas

  • Bellville
  • Plattekloof
  • Brackenfell
  • Kuilsrivier
  • Goodwood
  • Parow

Bestuur

  • Voorsitter
    Voorsitter
    Phillip Van Zijl

    Phillip is die eienaar van Bolt Risk Management in Brackenfell. Hy is ook nou betrokke by die Brackenfell Business Improvement District (BBID) inisiatief. Hy dien tans in sy tweede termyn as voorsitter van die AHI Tygerberg.

  • Ondervoorsitter
    Ondervoorsitter
    George Ferreira

    George is die laaste twee jaar die ondervoorsitter van die AHI Tygerberg. Hy het sy BSc (Hons) verwerf aan die UOVS en is die eienaar van die produkreeks TJ's Lekka Braai en soek altyd net 'n rede om 'n vuurtjie aan te steek.

  • Tesourier
    Tesourier
    Eben Keet

    Eerste jaar op die bestuur van AHI Tygerberg. Het n B-tech Graad in Koste en bestuursrek aan CPUT verwerf en is ʼn gekwalifiseerd Professionele Rekenmeester (SAIPA). Werk as Finansiële bestuurder by Capepots (Pty) Ltd.

  • Sekretaris
    Sekretaris
    Annelize van Zyl

    Annelize het meer as 25 jaar se ondervinding in menslike hulpbronne, algemene, openbare en besigheidsbestuur. Sy is die voltydse Kantoorbestuurder vir die Groter Tygerberg Vennootskap, betrokke in die plaaslike gemeenskap en dien as lid op verskeie komitees en rade.

  • Addisionele Lid
    Addisionele Lid
    Björn Harmse

    Björn Harmse is 'n praktiserende prokureur te Laubscher & Hattingh Ing., Bellville. Hy is 'n bestuurslid van die AHI Wes-Kaap en is die huidige Voorsitter van Besigheid Wes-Kaap (BWC).

  • Addisionele Lid
    Addisionele Lid
    Chantal Hoepfner

    Chantal is die Besturende Direkteur en verkoopskonsultant by Sotheby's International Realty. Sy het haar BA-graad in Besigheidsadministrasie deur UNISA voltooi.

  • Addisionele Lid
    Addisionele Lid
    Awie Viljoen

    Awie is die laaste tien jaar 'n praktiserende prokureur by AC Viljoen Prokureurs in Brackenfell. Hy spesialiseer in litigasie, die administrasie van bestorwe boedels, kontrakte, invorderings en egskeidings. Hy is tans die voorsitter by die Brackenfell Business Improvement District se direksie.

  • Gekoöpteerde Lid
    Gekoöpteerde Lid
    Piet Badenhorst

    Piet Badenhorst is 'n praktiserende prokureur te Laubscher & Hattingh Ing., Bellville. Hy is 'n bestuurslid van die AHI Wes-Kaap en het vantevore opgetree as die Voorsitter van die AHI Wes-Kaap. Hy dien tans ook op die AHI Nasionaal se Regsbestuur.

Volg ons op Facebook

Organisasies wat ons ondersteun

  • changing the heart of the community

  • social support services - where love begins